Skip to content

Redenaars

By die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders redenaars. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).

ATKV Redenaars: Weer Die Beste in Suid-Afrika 

Die ATKV Redenaarspan het in 2024 weereens sy status as die beste in die land bevestig. Nege Affie-dogters het deurgedring na die nasionale landsfinaal in Augustus 2024. 

By die prysuitdeling het Affie-redenaars ‘n ongekende drie podiumplekke behaal. Sandy Prinsloo (Graad 9) het ‘n nasionale tweede plek in die onvoorbereide afdeling verower. Lesego Tswai (2023 se nasionale wenner) eindig weer derde in dieselfde afdeling. Die hoogtepunt was Johanné Stander se kroning as nasionale wenner in die voorbereide afdeling, waar sy ‘n insiggewende toespraak gelewer het oor hoe skole leerders nie voldoende voorberei vir universiteit nie.  

Kontakpersoon: Mev Erica Dannhauser erica.dannhauser@ahmp.lemoendev.co.za 

Kultuurnuus

AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…
Ons redenaars blink landwyd uit!

Ons redenaars blink landwyd uit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en…
15 redenaars dring deur na landsfinaal!

15 redenaars dring deur na landsfinaal!

AHMP is ongelooflik trots op 15 leerders wat deurgedring het na die landsfinaal van die redenaarskompetisie – ’n prestasie wat…

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.