Skip to content

Drama & Toneel

Die Affie-Dramaklub bied geleenthede vir deelname aan opwindende drama-aande, uitdagende eisteddfods en gee elke kreatiewe siel ook die die kans om agter die verhoog te werk. 

Die jaarlikse Tienertoneel-produksie bied talle geleenthede om op te tree. Ons neem onderskeidelik deel aan die FAK/Allegretto-Toneelfees, die Aardklop Pronk Podium-Toneelfees asook die ATKV-Tienertoneelkompetisie.

Sou jy dit dalk verkies om te fokus op jou ‘solo-loopbaan’, of as jy jou eie opvoervaardighede wil toets, bied ons aan jou Affies se eie interne Affie Artes-kunstefees waar die individu die geleentheid kry om op te tree in verskeie drama-afdelings: poësie (gedramatiseerd of nie); prosa (gedramatiseerd of nie); monoloog, samespraak, mimiek, karakteruitbeelding en nog meer. Dogters kan ook individueel deur die skool inskryf vir verskeie eisteddfods waarvoor die skool geafillieer het.

Bekende aktrises om net ‘n paar te noem soos Sandra Prinsloo, Brümilda vanRensburg en Lizz Meiring kom uit AHMP- geledere!

Kontakpersoon: Mev Hermien Greyling hermien.greyling@ahmp.lemoendev.co.za

Kultuurnuus

AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…
Ons redenaars blink landwyd uit!

Ons redenaars blink landwyd uit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en…
ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade 2025 – Uitsonderlike uitslae

ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade 2025 – Uitsonderlike uitslae

Ons is ongelooflik trots op Heike Marx (Graad 12) wat met ‘n merkwaardige gemiddeld van 80,67% tweede in Gauteng en…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.