Skip to content

Debat

By die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders debat. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).

Debat: Affies Sukses 

Affies neem jaarliks deel aan twee nasionale debatskompetisies: ATKV-debat en Dink of Sink. In 2024 het hulle 12 spanne vir die ATKV-debatskompetisie ingeskryf, waarvan nege spanne in die eerste ronde gewen het. Een junior span het dit na die landsfinaal van die ATKV-kompetisie gemaak en het die 8ste plek verower. 

Ons junior span het die 8ste plek in die ATKV landsfinaal behaal, terwyl die onderwerpe vir debatte insluit: Skoolsport moet afgeskaf word en Selfdoen-aksie bevorder demokrasie in Suid-Afrika. In die Dink of Sink-kompetisie het twee junior spanne deurgedring na die finaal, en een span het die algehele junior titel gewen. 

In 2024 is ook ‘n debatklub gestig vir enige Affie-dogter wat wil leer en deelneem. Die klub het twee debataande gehou en was ‘n groot sukses. 

Ons is trots op die prestasies van ons dogters in die debat en redenaarskompetisies van 2024. 

Kontak persoon: Mev Lise-Mari Roodt lisemari.roodt@ahmp.lemoendev.co.za 

Kultuurnuus

AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…
Ons redenaars blink landwyd uit!

Ons redenaars blink landwyd uit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en…
15 redenaars dring deur na landsfinaal!

15 redenaars dring deur na landsfinaal!

AHMP is ongelooflik trots op 15 leerders wat deurgedring het na die landsfinaal van die redenaarskompetisie – ’n prestasie wat…

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.