Skip to content

Atletiek

AHMP is ‘n top atletiekskool – dit is duidelik sigbaar as daar na die sukses van ons atlete gekyk word. Ons hoë standaarde word toegeskryf aan kwaliteit afrigting, die toewyding van ons atlete en ‘n algehele sterk spangees. Ons streef daarna om elke atleet tot haar volle potensiaal te laat ontwikkel.

AHMP is ‘n top atletiekskool – dit is duidelik sigbaar as daar na die sukses van ons atlete gekyk word. Ons hoë standaarde word toegeskryf aan kwaliteit afrigting, die toewyding van ons atlete en ‘n algehele sterk spangees. Ons streef daarna om elke atleet tot haar volle potensiaal te laat ontwikkel.

 

In 2022, 2023 en 2024 word ons dogterspan aangewys as die wenners van die NWU-Superinterhoër se dogtersafdeling.

Talle Affies-atlete behaal jaarliks provinsiale kleure. Ons topatlete volhard ná skool met atletiek en AHMP se oudleerlinge behaal gereeld Suid-Afrikaanse kleure op nasionale vlak.

  • Die afgelope jaar het die volgende dogters as SA-kampioene gekroon: 2024 Timeke-Jade Coetzee o.20 Verspring, 6,36m, Danté Ferreira o.20 5000m, Christi Loggenberg o.16 400m 54.40, Mia Muller o.16 Hoogspring 1,73m en  Zanté van der Merwe o.16 400m 54.30. Dogters wat silwer medaljes verower het is Martelize Barnard Spiesgooi 54,10m, Mienke Davel 400m hekkies 59.83. Brons medaljes Cara Breytenbach Diskus 43.91m, Arette Burger 400m 55.19, Hannah Plews Spiesgooi 39.68m en Dené van der Merwe o.18 100m 12.06.) 
  • Zeney van der Walt was in 2017 en 2018 wêreldkampioen in die 400m-hekkies. Zeney van der Walt nou Geldenhuys het verlede jaar aan die 2024 Olimpiese spele in Frankryk deelgeneem. Haar tyd van 53.90 was slegs 0.07 sekondes stadiger as Louise Maraval, wat agste gekwalifiseer het. 
  • In 2022 word ses oud-Affies vir die Senior SA-atletiekspan gekies: Charlize Eilerd, Marzaan Loots, Kayla Jacobs, Zeney van der Walt, Yolandi Stander en Riëtte Heyns.
  • Buiten dié atlete is nog sewe oud-Affies van 2013 tot 2021 vir die Proteaspan gekies: Janet Seelinger, Aynslee van Graan, Yolandi Stander, Wanzel Breytenbach, , Nicola van der Walt, Nicola Gibbon en Johné Aucamp.
  • Oud-Affie Hannah van Niekerk het in 2024 die brons medalje tydens die Wereld 0/20 kampioenskappe gewen in Lima Peru.
Afrigters

Enige atleet of span se prestasie kom nie vanself nie. Daarom sorg ons dat ons dogters die afrigting van hoogs gemotiveerde en toegewyde afrigters geniet.

Middelafstande en landloop: Net Wiam Grimes

  • Verspring en driesprong: Leandri Rabie
  • Hoogspring: Eddie Grieb
  • Diskus en gewigstoot: Pieter Maritz
  • Spiesgooi: Tommy Erasmus
  • Hekkies en naellope: Maritza Coetzee 
  • Middelafstande en landloop: Wian Grimes 

Atletiekorganiseerder: Me Maritza Coetzee atletiek@ahmp.lemoendev.co.za

Sportnuus

Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool is die énigste skool in Gauteng met vyf spanne by vanjaar se SA Netbalkampioenskappe – ’n besonderse…
Bianca Lubbe gekies vir o.21 Protea-span!

Bianca Lubbe gekies vir o.21 Protea-span!

Baie geluk aan Bianca Lubbe, ’n trotse Oud-Affie en lid van ons 2024 1ste netbalspan, wat tans in haar eerste jaar…
Ruiters blink uit by Sanesa Kernliga

Ruiters blink uit by Sanesa Kernliga

Ruitersport bars uit sy nate met 46 ruiters wat vanjaar vir AHMP deelneem. Tydens die vierde Sanesa Gauteng Kernliga-kwalifiseerder neem…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.